Rut vertel:
Tans leef ek een van my passies uit aan die Weskus in Saldanha, waar ek jong weermagstudente probeer lei van paradegrond na graduant (party dae wonder ek wie vir wie leer!).
Op skool was ek leergierig — en glo dit of nie, ek hou nog steeds van leer… ook met my kamera en voëlgids in veral die Krugerpark. Ek soek graag oud Dokkies op tydens my reise.
Ek het selfs iets gedoen wat ek nooit gedink het ek sou nie: 10km wedlope en die Twee Oseane halfmarathon. Die korttermyn kontrak het reeds uitgeloop!!
Elke keer as ek saam met mede-Dokkies en oud-onderwysers kuier, onthou ek weer hoe daardie jare my gevorm het — en hoekom ek dit steeds koester.
Al hardloop die tyd met ons weg en alles verander, volstaan ek by die ou slagspreuk: “Wees getrou”… al is dit net aan my oggendkoffie.
Net om te sien of dit nou die text sal lees.
Jopie Breed vertel:
Met die bekendmaking van die 1980-matrieks se reünie, het daar so opgewonde, warm gevoel in my binneste ontstaan. Dit bevestig dat dit verwys na ‘n tyd en gebeure wat onvergeetlik is en ‘n baie spesiale plek in my hart het. Gelukkig is my geheue nog baie gesond en onthou ek die wonderlike drie jaar wat ek julle standerdhoof was en behalwe leiding gee, het ons talle goed ook saamgedoen! By so reünie word heelwat van hierdie oomblikke herleef. Dit gaan ongelukkig nie vir my moontlik wees om die reünie by te woon nie, so ek gaan my verlaat op foto’s en inligting daarna.
Mens besef daar is byna ‘n leeftyd se jare tussenin waarin elkeen sy eie pad geloop het. Julle is self nou in die omgewing van aftreejare en besef saam met my die rol wat kennis en vriendskappe in ons lewens gespeel het en steeds speel. Ek het later in my loopbaan die voorreg gehad om skoolhoof te wees en tot vandag is ek ingestel om die mense saam met wie ek werk of omgaan, te probeer inspireer met hoop. Dit was en is steeds belangrik dat ons nie by die verlede óf hede moet vassteek deur verlangend te staar na wat verby is nie. Daar is baie meer vreugde en opwinding om aan môre en die dae daarna se planne te werk! So ook die besef dat ons in die lewe meer nodig het om te weet wat ons bestemming is, as om ‘n padkaart te hê hoe om daar uit te kom. En natuurlik is dit beter om aan te hou en uit te hou wanneer dit opdraand gaan, want dit stel ons in staat om moed te hou wanneer ander wil opgee.
Mag die saamwees by die reünie vir elkeen teenwoordig ‘n wonderlike ervaring wees wat brandhout verskaf vir die pad vorentoe!
Ek salueer elkeen van julle!
Rika vertel:
Ek bly in Centurion, nog al die jare.
Ek het aangesluit by die Weermag (Lugmag) in Januarie 1981 en het die rang van Adjudant Klas 1 (AO1) bereik. Ek’t nooit kon droom ek sou opeindig in die Weermag nie!
Ria vertel:
Ons woon in Honeydew Manor... Na Theuns se dood is ek met Hugo Britz getroud en ons het 'n nuwe begin hier kom maak.
Omdat ek hoogtevrees het, het ek nooit gedink aan vlieg nie, maar het nou al met sweeftuig gevlieg, microlight oor die see, klein 2 vlerk vliegtuig oor die plaas en dan groot vliegtuie na Korea en USA
Ek het geleer brei en hekel as kind en nou vandat ek afgetree is brei en hekel ek soos my ouma en ma.
Iets wat ek nooit sal vergeet nie is met 1 Interhoër byeenkoms by Vereeniging was daar 'n byenes onder 1 van die spreiligte. Met skemer het hulle die ligte aangeskakel en die hitte het die bye "kwaad" gemaak en toe begin hulle al die atlete en onderwysers wat op die baan was aanval en steek. Ek onthou juf Bettie Breedt se hare was vol bye en sy het baie bysteke opgedoen. 'n Pandamonium het losgebars en hulle moes die byeenkoms stop.
Lettie vertel:
Ek woon nou in Wellington Wes Kaap. Ek het 2021 van Meyerton af verhuis. Is geskei in 2007.
Ek werk by Old Johannesburg Auctioneers (OJW WINELANDS). Ek doen hul fotografie vir die Treasure Hunt veilings. Ek was altyd lief vir fotografie en eindelik het dit my werk geword.
Ek het 3 seuns, almal getroud, ek het 8 kleinkinders en 2 agter kleinkinders gesëend en gesond.
Dawie skryf:
My liewe Dokkiemaats
En skielik is dit 45 jaar later! ‘n Oogknip!! Julle in 1980 maar 17 en ek ‘n jonge 27! Nou is my syfers omgedraai -72 (!!!) en julle in julle vroeë 60’s!!!!
Toe ek van die 45 jaar- reünie hoor en ek sien julle gesigte op die skitterend saamgestelde webblad, het ‘n hartseerheimweerykdom my menswees oorval!
Skielik het ek weer voor julle in die klas gestaan - ek wat in my jonkheid probeer Afrikaans gee en julle wat dit moes inneem!
Maar daar was so baie meer: Saam het ons só baie vrae gevra - gesoek na die sin van die lewe, onsself probeer ontdek en vrae gevra oor God en liefde! Ja ons het - stukkie-vir-stukkie - aan ons eie, maar ook aan mekaar se legkaarte gebou!
Saam het ons grappies gemaak en gelag so tussen die konsonanttabel en gedigte deur! Daar was sport en kultuur! Daar was kamer 25 waar ek saam met julle kon leer, lag en huil!
Vandag mis ek daardie tye - ek mis maats en kollegas wat oorlede is! Ek troetel die wat nog lewe! Met die genade van die Here is ons legkaarte amper klaar gebou!
Ek sou graag die reünie wou bywoon, maar as gevolg van omstandighede is dit my nie beskore nie! Weet dit dat ek vir elkeen van julle baie lief is en ek sê opreg dankie vir elkeen by wie ek so baie geleer het! Sonder julle sou my legkaartprentjie maar vaal wees! In my hart is ek by julle!
Mag die Here julle seën!
Liefde van hier uit Jeffreysbaai!!
Dawie Louw
Rina skryf:
Halllooooo julle
Ek het agter gekom dat ek nie hou van veranderinge nie… ek hou van roetine en alles altyd dieselfde.. ek hou nie eers daarvan as ek n update op my selfoon moet maak nie want dan moet ek weer dink. So vir my om my wortels in 2020 tydens Covid uit te trek en na Parys te verhuis was baie erg..!!!!
Ek wou nie nuwe vriende maak nie, ek wou nie in n ander dorp bly nie maar Piet het net gesê: ‘Ek trek kom jy of bly jy …’ Toe trek ek maar saam… .
En bly ek nou vir jou lekker in Parys… en ons het baie nuwe vriende gemaak. Ons werk nie meer nie so ons het nou baie tyd .
En daardie ekstra tyd gebruik ons nou om gholf te speel of probeer speel ek het nooit gedink dat ek van daardie ‘boring’ sport sou hou nie…!!! Maar dit is baie lekker en ek dink hokkiespelers kry dit n bietjie makliker reg ( dankie juf Arona ).
Verder het ons n 8 jarige kleinseun en dit is die waarheid… Kleinkinders is baie ouliker as jou eie kinders .
Geniet julle kuier saam jammer ons is nie daar nie want ons gaan
Groete
Rina
Mam Jacobs skryf:
Meyerton en Dr Malan in die 70s en 80s, sal altyd van my kosbaarste herinneringe bly!
As bitterjong Engels juffrou in kamer 4, begin 'n journey saam met normale (nie ek nie) en eksentrieke (ek...en n paar ander) onderwysers onder leiding van mnr Strydom. Ek en die matrieks ontdek die wêreld van Shakespeare, poetry en essays!
Gou besef Bestuur dat ek 'n nul op n kontrak is as dit by sport kom en gee vir my "Kultuur" as buitemuurs. Ons doen heerlike sangfeeste en tonele. Dirk Bannink en elke klim self op die verhoog en hou ons lywe akteurs in komedie toneelstukke met n script wat elke 10 minute verander...
Die eerste en enigste klasbesoek van mnr Strydom in kamer 4, eindig disastrous (vir hom). Meer daaroor later..
Engela Nolte, ons sal die ouens meer hieroor vertel by die reünie!
Kleurryke kollegas vul my bestaan met hope pret:
*Klop aan die deur. " Juffrou, mnr Louw sê die slang seil."
"O, okay, sê dankie vir mnr Louw..." Te lang storie. Sal verduidelik by die reünie...
* Damespersoneel funksies rondom Louise Fourie se swembad. Tannie Babs en ons almal in bikinis, Lang menthol sigarette en Grünberger Stein...
* Matriek uitstappie Johannesburg toe waar ons Jazz Singer gaan kyk, wat dan ook die tema word vir die matriekafskeid daardie jaar.
Die lewe gebeur en ek hou skool in Middelburg, Rustenburg en later Vanderbijlpark H/S (by laasgenoemde vir 30 jaar). Ek word Gauteng eksaminator English Paper 3 en sien matriekvraestelle na vanaf 1978 tot 2017. By al die skole leef ek my passie vir drama en toneel uit. Die spelers wen ATKV en provinsiale kompetisies en my hart bars van trots! Eisteddfods debat, redenaars
...heerlik!
Renette vertel:
’n Bietjie oor myself:
Na Matriek het ek ’n tydjie by ’n kleuterskool gaan werk. Dáár het ek my eerste man ontmoet en by sy dansskool in Alberton aangesluit – die Fred Astaire Dansskool. Daar het ek leer dans en gekwalifiseer in Ballroom en Latynse danse. Ek was een van die hoogste gekwalifiseerde dansers en beoordelaars in daardie tyd. Oorsee gedans, RocknRoll champion in 1985, bootrit na Mauritius en baie ander competisies gewen
Kort nadat ons eerste baba, Nicole, gebore is, het ons elkeen ons eie pad begin loop.

’n Paar jaar later het ek getrou met die liefde van my lewe, Dr Michael Unsworth – en ons is nou al 36 jaar gelukkig getroud. Ons het saam begin studeer, hy sy doctorate in Sociology en ek graad in Christian counseling.
Ons is saam Pastore in die Volle Evangelie Kerk, waar ons die afgelope 34 jaar bedien. Die affelope 17 jaar in Randburg.
Benewens dit is ek ook die eienaar en hoof van ’n tuisskool- en studiesentrum, Global Academy, wat ek al 16 jaar lank bestuur. Ons help jongmense om hul GED (graad 10-ekwivalent) suksesvol te voltooi.
Ek is ’n trotse ma van drie pragtige suksesvolle kinders: Nicole (38), Kylie (32), en Branden-Roy (29). Ek is ook ’n gelukkige Nana van vier kleinkinders: Nicole se twee, Ethan (7) en Sage (6); Kylie se dogtertjie, Eden (2); en Branden-Roy se seuntjie, Mason (18 maande). Hulle is my grootste seën.
My stokperdjies is baie! Buiten my betrokkenheid by die kerk en die studiesentrum, hou ek van tuinmaak, teken, krale-werk en diamond dotting. Ek het vir omtrent 30 jaar kitaar gespeel en was deel van ons aanbiddingspan. Ek geniet dit steeds om naelkuns te doen en natuurlik, dans – die plek waar ek en Michael mekaar destyds ontmoet het.
Agt jaar gelede is ek met Parkinson’s gediagnoseer. Sedertdien het ek, met God se genade, ’n protokol ontwikkel wat my help om my goeie dae te vermeerder en die slegte dae verder uitmekaar te hou. Verlede jaar het ek selfs ’n blog begin om ander met Parkinson’s te bemoedig:
“Ek het Parkinson’s… Wat nou?”
Ek bly steeds aktief betrokke by die kerk en die studiesentrum, en ek geniet elke oomblik saam met my kleinkinders.
My leuse in die lewe is: “Leef, lief en lag.” En hou God in die middel.
Arona skryf
:
Woonagtig in Meyerton vanaf 1958-1985. Matrikuleer aan Dr. Malan 1964, hou daar skool 1968-1985. Trou einde 69 met Essie Esterhuysen, verhuis na Ermelo in 1985 toe Essie skoolhoof word van Laerskool J.J. van der Merwe, tree af in 2007.
Ek was verbonde aan Hoërskool Ermelo vir 20 jaar: Natuur- en Skeikunde gegee en wonderlike sportafrigting geniet in hekkies en hokkie.

Ons seuns Neil (1990) en Joe (1992) het ook klaargemaak aan E.H.S. Neil (PUK) en Joe (RAU) albei kranige sportmanne. Nou groot-ouers van een dogter (oudste) en vyf kleinseuns (ouderdomme wissel van 24-15 jaar).
Vanaf einde 2016 woon ons in Candlewoods Country Estate, Louwlardia (Centurion).
Ons seuns en hulle vrouens: Joe in Australië waar sy middelseun vir Wes-Australië krieket speel en Neil is 'n suksesvolle prokureur en sakeman.
Essie het vir Transvaal rugby gespeel in vroeë 70's, ek vir S-Tvl in hekkies verteenwoordig, maar dit was nog in ons Meyerton-dae, maar niks opwindends verder nie.
Antoinette vertel:
Op my eerste rapport in Graad 1 het gestaan: “Antoinette is ‘n aangename leerling, net geneig om te veel te gesels”…
Dit het die pad vorentoe in my skoolloopbaan uitgelê. Baie pak daarvoor gekry.
Ek was nou nie juis ‘n uitblinker in enig iets op skool nie maar ek het skool geniet… seker daarom dat ek in my hele hoërskoolloopbaan nie een dag afwesig was nie.
Ek is hierdie jaar 44 jaar getroud met my “skool liefde” Louis. Ons het twee kinders en vyf kleinkinders. Ek bly nog al die jare in en om Meyerton.
Ek is in die bevoorregte posisie om nog te kan werk en dit te geniet.
So 20 jaar terug het ek ook ‘n bruidswinkel gehad waar ek trourokke ens. gemaak het. Ek het myself verbaas want naaldwerk was nou nie juis een van my sterk punte nie, maar ek dink Juffrou Els se naaldwerkklas in Standerd 7 het baie gehelp.
Vandag is my stokperdjie enige iets wat met “crafting” te doen het.
Ek sien uit daarna om almal weer te sien – tot dan, Dokkie groete.
Ansie het laat weet:
Ek is al 32 jaar met Paul Blignaut getroud . Ons woon nog altyd in Vanderbijlpark. Ons het twee seuns Calvin en Dominic.
Ek was 'n Kaptein vir 24 jaar in die polisie.
Gedurende covid tyd het ons besluit om te begin loop later was dit hardloop en in 2022 het ons begin om fitness klasse by te woon.

Gedurende 2024 het ons geleidelik met Hyrox begin. Dit is 'n internationale fiksheid oefening wat bestaan uit 8 km hardloop en 8 funksionele stasies.
So het ons Maart 2025 ons eerste hyrox gedoen het en weer Julie in Kaapstad waar ons gekwalifiseer vir wereld kampioenskappe in Stockholm.
Die wereld kampioenskappe vind vanaf 19-21 Junie 2026 plaas. Ons grootste supporters is ons twee manne.
Julle moet lekker kuier.

Christine skryf:
Ek en my man is nou al 25 jaar woonagtig in Graaff-Reinet. Ons het Julie 2000 hiernatoe getrek toe Rob en sy neef die slagpale op Graaff-Reinet gekoop het.
Ek het 12 jaar lank by Union High School onderwys gegee, maar het in Maart 2020, die week VOOR ons land tot stilstand gekom het agv Covid, my bedanking ingedien. Ek werk nou vir myself - ek is 'n geregistreerde berader en gee privaat Wiskunde klasse vir graad 7 - 9 kinders.
Ek het twee dogters, 35 en 27 jaar oud. My oudste dogter het April maand 'n seuntjie gehad wat nou 6 maande oud is, en ek en Rob is dus nou ook 'n oupa en ouma!!
Ek het NOOIT gedink ek sal 'n "birder" word nie, maar vanaf einde 2021 het ek en my man offisieel daarmee begin, en ons toer na verskillende plekke in die land net om nuwe voël soorte te vind.
Fotografie was een van my stokperdjies op skool, en dit is beslis nou een van my passies. Fotografie en "birding" gaan hand aan hand vir my. Albei bring my groot vreugde en plesier.
2018 tot 2021 was moeilike jare agv my hart kondisie, wat ope hart chirurgie, twee ablasies, en einde 2021, 'n pasaangeër tot gevolg gehad het. Ek is dankbaar om te kan sê dat alles huidiglik goed gaan en onder beheer is, en daarom ook die besluit om die lewe voluit te leef en geniet.
Ek en Rob sal op 23ste November 2025 VEERTIG jaar getroud wees!! al ongelukkig nie die reunie bywoon nie, maar stuur groete vir almal wat my kan onthou. Geniet julle kuier saam.
Bettie deel met ons:
'n Terugblik uit Daleside – Dokkies ’80
My skoolreis het begin by Japie Greyling Laerskool na Laerskool moes ek elke dag busry vanaf Daleside – wat vandag Randvaal heet.
Daardie busritte na Meyerton, waar Hoërskool Dr. Malan vir my ’n nuwe wêreld sou oopmaak, was ’n avontuur op sy eie.
Ek het gou geleer dat beenhare skeer beslis nie vir sissies is nie. Ek sal dit nooit vergeet nie – daardie eerste keer toe die mede standerd sessies met seer bene die bus binneklim, sonder vel op sekere plekke. Bly was ek met die eerste les in wysheid!
In Standerd 5 het ek my eerste groot “slim plan” probeer – ek het my pa se handtekening nagemaak om myself vir die praktiese kursus in te skryf. Ek het daar gefloreer! My familie was trots… tot die dag toe hulle besluit het dat my pad universiteit toe moes loop in een of ander flambojante rigting. Dit kon natuurlik nie gebeur nie, en ek het my eerste harde les in “oneerlikheid” geleer.
My pa het saam skool toe gegaan aan die begin van die 2de termyn en ek moes Standard 8 oordoen – terug in die gewone kursus. Dit was 'n nuwe klas en mede leerders. Ook 'n bitter pil om te sluk, veral omdat al my verjaarsdagmaats nou een jaar voor my sou matrikuleer. Die nuwe klasmaats was superslim en het uitgeblink op vele vlakke en ek moes iewers onder begin. Ek onthou spesifiek vir Derek Hamman wat my gehelp het om in te haal.
Daardie jaar het egter my karakter gevorm. Ek het geleer dat elke terugslag jou net voorberei vir ’n sterker terugkeer.

Die veldskool in Standerd 8 was ’n groot hoogtepunt – dit was daar waar ek moes leer om my nuutgevonde geloof in aksie te sit, en ek het myself ontdek. Daardie tyd is iets diep in my geplant wat tot vandag toe steeds groei.
Elke onderwyser en onderwyseres was dinamies. Hulle het my gehelp om die lewe deur die bril van ontdekking te sien – om altyd nuuskierig, oop en dankbaar te bly.
Nou, 45 jaar ná matriek, ontdek en leer ek steeds – ’n lewe vol vreugde en volheid.
Dankie vir elke een van julle wat my lewe interessant gemaak het.
Lewe met "Joy in the ride!" Vir my ... wel, was en is Jesus Christus die kern van hierdie reis.
Liefde
Bettie Swanepoel Hagemann Kok
Sandra onthou:
Wat vir my uitgestaan het was nie ons matriekjaar nie, maar wel aan die einde van ons standerd 9 jaar, toe ons die saal versier het vir die 1979 se matriekafskeid. Wie onthou nog daardie laat aande, party vêr verby middernag, wat ons as groep besig was daarmee. Die vissersnette wat regoor die saal gespan was om 'n "plafon" te vorm, met polisterien visse en skulpe daarop.
Die kamtige vistenk in die een hoek van die saal met plastiek voor waarteen die water afloop en hangende polisterien vissies daaragter. Dan die vuurtoring met sy regte draaiende lig, maar die beste van alles, die regte boot op die verhoog. Ag dit was heerlike, sorgvrye tye, met baie lag en samesyn.
Wat vir my nog baie bybly is die volkspele aande en saamtrekke deur my hele hoërskool loopbaan. Dan kreun die saal behoorlik van volkspelers van heide en verre. Ek onthou nog "Tant Hessie se witperd" en "Suikerbossie" en vele meer.
Goeie ou dae wat lekker herinneringe terugbring.
Philip skryf:
My stukkie oor myself:
Waar woon jy nou?:
Plaaswerf Troukerkie, Meyerton
Iets wat ek nooit ooit gedink het ek sou doen of met my sou gebeur nie: Dat ek die kunssinnige buurt Melville sou verruil vir ’n plaas – en dat ek ’n hanslam soos ’n baba sou grootmaak op my agterstoep. Toe hy groter word, het ek twee volle maande lank saam met hom in die veld gaan sit, net sodat hy die ander skape kon leer ken, en uiteindelik besef dat hy nie ’n mens is nie.

’n Stokperdjie wat my nog steeds gelukkig maak: Sedert my kinderdae verdiep ek my graag in filosofie, sielkunde en antieke godsdienste. Ek geniet kunsflieks, en skryf enigiets van essays, praatjies en gedigte tot die drie boeke wat al gepubliseer is.
Enigiets anders wat ek graag wil deel: Die sin van die lewe lê vir my in diep verbondenheid – met ons Bron, met mense, diere, die planeet, die rou aarde. Die plaas het my geleer dat die natuur nie vrede bied nie, maar aanvaarding: die besef dat lewe en sterwe onafskeidbaar is. Dat die mooi meerkat snags jou broeiende hen se kop kan afbyt. Dat jou geliefde Jack Russel homself die een oomblik teen jou kan aanvly, en die volgende ’n hasie in die veld doodbyt.
Om dié balans te leer liefhê, is my voortdurende ingroei in volwassenheid.
Amelia vertel:
Amelia Leenen( Knoetze) hier!
Na skool was ek vir 1 & 1/2 jr op die Puk, waar ek BA ed geswot het! Na daar op 21 Junie 1981 ñ Groot Verdieping in my Verhouding met God gekom het, het ek besef dat my hart eerder in Voltydse Bediening was, as wat dit in Onderwys was!

Ek het ook in daardie tyd vir Theo ontmoet! Hy is na die Weermag AGS Teologiese Kollege toe & daarna na ñ Evangelisasie skool! Theo is 20mde ouer as ek & ons is in 1982 getroud! En ons Geloofsavontuur saam met God as Pastoorrspaar het begin! Naas God, is Theo Die Beste & Mooiste Iets wat Ooooooit met my Gebeur het! Ons vier hierdie jaar 43jr saam! Jare van GROOT Genade Seën Guns Goedheid & Voorsiening!! Ons het in Vereeniging gebly toe ons getroud is! 1983 word ons vir die 1ste keer Ouers! En ek besef, ek is ñ Mamma gebore! Wat ñ Grooot voorreg!!!
Ons Plant ons 1ste Kerk in Fochville. Bly vir 2jr daar & Theo begin deeltyds as Makelaar vir Sanlam werk om ons finansies aan te vul! Tot Vandag toe het hy sy eie Makelaarsbesigheid terwyl ons in Bedienig ook is! In 1985 trek ons na Vanderbijlpark toe & is vir die vlgde 7jr die Hulppastoor by ñ Gemeente!
1986 seën die Here ons met ons 2de Dogter, Kara! 1989 is die jaar van Nuwes vir ons. Nuwe Gemeente Beroep ons, waar ons ook 7jr was! Koop nuwe kar. Trek in ons eie Nuwe huis in. Waar ons nou al vir 36 bly!
Theo word ñ Makelaar homself. En na ñ jaar en ñ dag in ons Nuwe huis
Word ons Seun TW( jr) gebore, toe ons nie gedink het daar sal meer kids wees nie! 1997 Plant ons ons eie Afrikaanse gemeente in VdBP. Na 7jr maak die Here weer ñ ander deur oop vir ons & die Avontuur duur voort! Nou is ons al 20jr Baaaaaie gelukkig by Delta gemeente op die Bedieningsspan, en werk Theo nogsteeds as Makelaar vir Homself ook!
Ek is soooo gelukkig: Neh. 8:10!
Eerste as God se kind
Theo se Vrou
My kids se Ma
My Kleinkids se Ouma
In Bediening saam Theo
Doen ons Besigheid se Boeke
Love Naaldwerk!
God is goed vir die Leenen's! Theo het die voorreg gehad om al 3 ons Kids te trou! Wonderlike "memories!!!" En nou leef ons Ps. 128:6: " May you live to enjoy your grandchildren. . . ." Al 7 van hulle!
Groete Amelia!
André vertel:
Ek was st.1 tot st.3 in LS Republiek. St.4 en St.5 in LS Dr. Verwoerd.
Daarna tot einde st.7 in Dr.Malan. '78 - '80 op kosskool in Heidelberg by Hoër Volkskool.





Na n jaar op Tukkies, het ek die goudmyn industrie betree as Vakleering Passer en Draaier. In Jul 85 my NHD Meg Ing voltooi aan Vaal Technikon en is toe direk Weermag toe. As Genie korps Lt. uitgeklaar in Jun 87.
Kry my GCC (Myne&Bedrywe) en later ook GCC (Fabrieke) Verskeie industriee gewerk as Ingenieur en laaste 18 jaar vir Duitse Ingenieurshuis gewerk as Projekbestuurder in die Olie Gas Petrochemie en Kunsmis industriee. Afgetree einde Jul 25.
Het 2 kinders, Marisce in Fourways en Ruan in Meyerton. Ongelukkig hul Ma lewendig verloor in '99.
Sedert 2005 is ek en Hilda saam. Hilda het n dogter Brumilde, in Heidelberg en ons het 2 kleinkinders by haar. Hilda het haar apteek net voor Covid aan Dischem verkoop en is nou en dan n locum, en verder 'n voltydse Ouma. (Lees: Taxi Ouma)
Woon sedert '91 in Heidelberg. Kamp graag, geniet natuur. Geen krag, oop kampe geniet ons baie. En met afgetrede status, sal die hopenlik meer gereeld as vantevore gebeur.